作词 : Stephan Hugo/Stephan van Huyssteen
作曲 : Stephan Hugo/Stephan van Huyssteen
Die kombuis staan leeg en die plaas is gesort
Al wat kort is ‘n deksel vir my dekselse pot
My ma vra my watter vrou soek ek aan my sy
Wel ek hou van dans
Bietjie meer van eet
En sy moet darem net so iets van pap en kaiings weet
Ek vra nie veel sal selfs my laaste Rolo deel
Dan’s die koeël deur die kerk en die vet sal spat
Al wat ek weet is sy moet ook ‘n tjop en doppie kan vat (Tjop en doppie hey)
Pannekoek en melktert saam met ontbyt
Plaasbrood geplak met ‘n appelkooskonfyt
Die een wat by my pas die een wat na my aard
Weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Karringmelk anys of bietjie boerebeskuit
En dan ‘n lepel kondensmelk in my koffie smyt
Die een wat by my pas die een na my aard
Weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Ja die een wat by my pas die een na my aard
Weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Soek ‘n boer met ‘n ietsie ekstra om die lyf
Soek ‘n man met ‘n hemp om sy boepie styf
As hy kalorieë tel hou maar eers verby my pel (Hou maar eers verby)
Ek hou ook van dans
En nog meer van eet
Ek het so drie jaar laas in ‘n gym gesweet
Ek’s gebou om te hou
En ek bly steeds ‘n volbloed vrou (Volbloed vrou)
Dan’s die koeël deur die kerk
Soek sy hande sterk
Hy beter weet hoe om ‘n lekker stukkie degie te werk (Stukkie degie hey)
Pannekoek en melktert saam met ontbyt
Plaasbrood geplak met ‘n appelkooskonfyt
Lank, kort of rond, maar net nie lig soos ‘n graat
Jy weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Moer weg die hoender jy weet ek like nie slaai
Nie verniet 3 Webers in my lewe op gebraai nie
Die een wat by my pas die een na my aard
Weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Ja die een wat by my pas die een na my aard
Weet die pad na my hart lê in ‘n spyskaart
Want jy hoef nie te lyk soos ‘n Speedo model
En jy hoef niks te weet van porsies tel
Die lewe is al klaar heeltemal te swaar
Kom ons geniet die lewe en ons geniet mekaar