Uit die blou van onse hemel,
Uit die dieptes van ons see.
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr-verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa --
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe --
Ons vir jou, Suid-Afrika.